Nyanga oorlogsone

Elf persone is Vrydag in die Marikana informele plakkerskamp op die Kaapse vlakte gedood.

Die deel val onder die Nyanga polisiestasie en word beskou as een van die misdaad Mekkas van die land weens die hoë moordsyfer.

Die plakkershutte is so naby mekaar dat dit onmoontlik is vir polisie en noodpersoneel om die gebied te betree of te patrolleer.

Na die skietery het ongeveer 300 inwoners die polisiestasie bestorm en geëis dat daar opgetree moet word teen misdadige elemente. Bendes is gedurig in gevegte betrokke.

As die regering toelaat dat plakkers en onwettige immigrante gebiede oorstroom, is dit die gevolge waarmee rekening gehou moet word.