Nuusflitse

SAW soldaat skiet kollega in Kongo

‘n Vroue weermaglid is in die DRK geskiet deur ‘n kollega.  Die manlike kollega het daarna probeer om selfmoord te pleeg maar was onsuksesvol. Die SAW is in ‘n vredesmag ontplooiing in die Kongo.  Die rede vir die skietery is onbekend.

 

Brandstofprys styg Woensdag

Petrol styg met 0,04 sent per liter en Diesel tussen 23 en 27 sent per liter. Die prysstyging is veral weens die rand/dollar wisselkoers.

 

Buthelezi tree uit

Die leier van die IVP, Magosuthu Buthelezi, het aangekondig dat hy by die volgende kongres van die IVP die politiek vaarwel gaan toeroep