Nuusflitse

Lyfwagte skiet mekaar dood

Twee lyfwagte wat gehuur was om ‘n beampte van die Goven Mbeki munisipaliteit te beskerm, het op mekaar geskiet.  Een is dood terwyl die tweede in die hospitaal opgeneem is.

SAID hoes

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het reeds R62,1 miljard terugbetaal aan belastingbetalers teen 2 Oktober.  In meeste gevalle moes mense lank wag vir die terugbetaling terwyl SAID ‘n belastingbetaler opskroef sou hy laat betalings doen.

OB se dak val in

Belangrike dokumente is beskadig toe die dak van die Openbare Beskermer (OB) se kantoor ingeval het na ‘n stortbui.