Noord-Korea word groter gevaar

Die Amerikaanse minister van verdediging, Jim Mattis, sê die bedreiging van ’n kern missielaanval deur Noord-Korea is aan die toeneem.

Minister Mattis het besoek gebring aan Suid-Korea waar hy en die minister van verdediging, Song Young-moo, samesprekings gehad het oor die dreigende gevaar.

Mattis het bygevoeg dat die Amerikaanse regering nooit sal aanvaar dat Noord-Korea ’n kernmoondheid word nie en die skiereiland van ’n “gevaarlike gedrag” beskuldig.

Hy sê wat die kommuniste van Noord-Korea ook al doen sal dit die VSA nie laat afsien van sy jarelange alliansie vennootskap met Suid-Korea nie.

Noord-Korea het sy buurlande en die wêreld deur middel van onwettige en onnodige missiel en kernwapen programme, die bedreiging nie net vergroot nie, maar ook versnel.

Minister Mattis het ook die afgelope naweek Asië, en daarna Thailand sowel as die Filippyne besoek.

Foto – Minister Jim Mattis