Noord Korea se dubbelpratery verwar

Die kommunistiese regime in Noord-Korea se woordvoerder, Kim In Ryong, het in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering gesê sy land is ten gunste van ’n kernwapen vrye wêreld.

Hy voeg egter by dat ’n kernoorlog egter steeds begin kan word weens die “ekstremistiese” optrede van die Verenigde State van Amerika.

Kim In Ryong sê ’n situasie het ontstaan in die skiereiland wat ‘n gevaarlike punt bereik het en ’n kernoorlog kan enige oomblik uitbreek.

Die kommunis het nie nagelaat nie om daarop te wys dat Noord-Korea se kernwapens oor die vermoë beskik om enige plek in die VSA te ontplof, maar deskundiges bevraagteken die aanname.

Vroeër het die leier, Kim Jong-Un, gesê hy oorweeg dit nie om met Amerika te onderhandel nie, en het gedreig om die Amerikaners se basis op die eiland Baum aan te val.

Intussen gaan die skiereiland voort met sy kernwapenprogram te midde van hewige besware, wat daarop dui dat die wêreld se sanksies teen hulle nie die gewenste uitwerking het nie.

Foto – Kim In Ryong