Nog ‘n universiteit brand

Die Universiteit van Fort Hare is die jongste universiteit wat moes deurloop onder vandalistiese studente. En nou met skade van meer as R2 miljoen sit.

Hulle het ‘n personeelsentrum aan die brand gesteek omdat hulle die Internet ontvangs nie na wense gevind het nie, en bewerings dat water toevoer kort-kort onderbreek word. Voorheen het hulle ook ‘n boekwinkel beskadig.

Die universiteit gaan nou poog om ‘n hofbevel teen gewelddadige betogings op die kampus in Alice te bekom.