Mynbase eis nuwe minister van Mynwese

Tydens ‘n konferensie in Johannesburg het afgevaardigdes van maatskappye soos Anglo American, Sibanye Gold, PWC, JP Morgan, KPMG en Standard Bank tydens ‘n stemming gevra dat Mosebenzi Zwane vervang moet word as minister van mynwese.

Mynhuise stamp al geruime tyd koppe met die Departement van Mynwese oor die inwerkingstelling van die voorgestelde Mynbou handves.

415 van die afgevaardigdes het gestem vir ‘n nuwe minister terwyl 26,6% gestem het vir die skraping van die handves.

Mkhize wil deur die handves meer swart deelname bewerkstellig. Hierdeur sal hy seker slaag om die mynbou bedryf ook na skroot status te verander.

Vroeër was Mkhize uitegsproke daaroor dat hy die beleid sal bepaal en dat hy geen teenspraak duld nie.

Hy het ook tydens ‘n gala geleentheid gesê dat hulle reeds weet wie die nuwe president van die ANC gaan wees. Hy het egter nie die naam onthul nie.