Musk lig die sluier met ruimte plan

Die tegnoloog Elon Musk, het nuwe planne om uiteindelik mense op Mars geplaas te kry met sy SpaceX ruimte program wat tydens sy ruimtevaart kongres in Australië bekend gemaak is.

Musk het gesê hy sal alle moontlike middele en markkragte wil aanwend vir die ontwikkeling van ’n super-vuurpyl wat die reis na Mars so effektief moontlik kan maak, en sal die Interplanetêre Vervoer Stelsel (BFR) ten volle wil aanwend.

Hy se die SpaceX stelsel moet eers “rus” sodat volle aandag aan die bou van die BFR gegee kan word, maar SpaceX moet nog steeds satelliete in die ruimte plaas wat dit is ’n belangrike inkomste wat vir die ontwikkeling van BFR aangewend sal word.

Hy sê sodra die BFR vuurpyl projek gebou is sal die Falcon-sisteem afgeskaf word en op die skrootwerf beland.

Musk se Tesla elektriese motorvervaardiging lewer nie goeie winste om by te dra tot die ruimtevaart program nie, en alhoewel hy niks daaroor uitgewei het nie, kan dit sy ruimtevaart program kniehalter en vertraag.

Musk droom nog van ’n permanente kolonie mense op Mars, en doen geweldig baie om die ruimtevaart as bedryf te verryk met kennis en praktiese programme om die droom werklikheid te maak.

Of die miljardêr, wat in Suid-Afrika gebore en grootgeword het, daardie droom werklikheid gaan maak, sal die toekoms wys.

Sy plan om mense na Mars te stuur in 2022 toon dat die man se ambisie bykans onbeperk is, en met sy baie geld en sterk tegnologiese agtergrond, kan alles dalk nog bewaarheid word.