Mugabe benoem en afgedank as Wêreld Gesondheid ambassadeur

Die Wêreld Gesondheid Organisasie het die diktator, Robert Mugabe, van Zimbabwe benoem as die organisasie se “morele ambassadeur”.

Die aankondiging het skokgolwe deur gesondheid organisasies regoor die wêreld  veroorsaak en menseregte strukture het hulle verbasing uitgespreek vir die “ongevoelige” besluit.

Zimbabwe se gesondheidsdienste het onder die Mugabe bewind, geheel en al in duie gestort, en maak die benoeming ’n werklike bespotlike daad, word gesê.

Die Verenigde Nasies se afdeling Wêreld Gesondheid het in die spervuur gekom toe die inligting Vrydag bekend gemaak is.

Wat die benoeming nog meer belaglik maak in die oë van erkende gesondheid strukture, is dat die Wêreld Gesondheid Organisasie se direkteur-generaal, ene Tedros Ghebreyesus, ’n lofrede gehad het by ’n konferensie in Uruguay.

Politieke waarnemers sê die lofrede kon in die afgeleë gebied gelewer word war Mugabe hoegenaamd nie bekend is nie.

Vroeg Sondag het die gesondheid organisasie aangekondig dat hulle heroorweging skenk oor die benoeming nadat hulle hewige kritiek ontvang het wat vanoor die wêreld kom, en later is die benoeming inderdaad teruggetrek.

Foto – Diktator Robert Mugabe