Miljardêr staan as Tsjeggiese president

’n Miljardêr in die Tsjeggiese Republiek het etlike weke gelede eers aangekondig dat hy hom verkiesbaar stel as kandidaat in die land se presidentsverkiesing.

Andrej Babis is bekend in sy land as ’n vurige nasionalis en uitgesproke teen die inbring van onwettige immigrante in sy land.

Babis was ook verskeie kere tydens die verkiesingsveldtog uitgesproke teen die optrede van die Europese Unie, maar glo aan omvattende hervorming van die organisasie.

Die linkse politici bestempel hom as Europa se Donald Trump, maar die linkse media in Europa erken dat Andrej Babis se kanse om die verkiesing te wen, veel beter is as enige ander kandidaat.

Die Tsjeggiese Republiek se verkiesing vind op 20 en 21 Oktober plaas, en word beskou as een van die belangrikste presidentsverkiesings sedert die val van die kommunistiese regime in die land.

Andrej Babis is die tweede rykste man in die land, en het gedurende sy veldtog beloof dat ’n skoon regering sal regeer, en het bekende terminologie gebruik wat kiesers graag wou hoor, maar opponente sê hy het ook geraamtes in die kas wat hom nie geskik maak om die land te regeer nie.

Die finale uitslag word eers Saterdag verwag as gevolg van die stelsel wat ontwikkel is om inmenging te voorkom.

Foto – Andrej Babis