Meer Clinton skandale bekend

Die leuens waarmee Hillary Clinton in die presidentsverkiesing se veldtog geloop het om president Donald Trump te beswadder, het nou na haar geboemerang.

Ondersoeke wat nou afgehandel is toon dat  die Clinton veldtog asook die vêrlinkse Demokratiese Party van Amerika betaal het (of dalk betaal is) om die Britse Steele-dossier vry te stel waarin beweer is dat Donald Trump geheime bande met Rusland het.

Nou word ondersoek gedoen na die verkoop van ’n uraanmyn aan die Russe toe Hillary Clinton die Amerikaanse minister van buitelandse sake was.

Met die nuus nog vars in die ore van Amerikaners, het die hoofwoordvoerder van die Wt Huis, Sarah Huckabee Sanders, die spyker dalk op sy kop geslaan.

Sy het in ’n onderhoud met die TV nuus van Fox Nuus gesê dit wil lyk of alles wat die Clinton vrou voor die deur van president Trump gelê het, juis op haar van toepassing is omdat sy daar deel van is.

Die Amerikaanse koerant, The Washington Post,  het onthul dat die Clinton kamp verlede jaar betaal het om die Steele dokumente te bekom.

Clinton se beskuldiging dat Donald Trump geheime bande met Rusland het, was die rede waarom ’n reeks ondersoeke gevolg het waarby verskeie mense betrek is, maar kon geen waarheid vind dat die president skuldig is nie.

Foto – Hillary Clinton