Mediese fonds bydraes styg

Mediese fondse het hul nuwe tarief aanpassings vir 2018 bekend gemaak.

Discovery lede se bydraes styg met 7,9%, Bonitas met 8,7%, Momentum met 8,3%, Resolution Health met 9,6%, terwyl Medshield se bydraes met 10,9% gaan styg.

Mediese fonds bydraes het oor die afgelope jare bykans 2% hoër gestyg as die inflasiekoers en kenners skryf dit toe aan die hoë koste van medikasie asook die swak vertoning van die rand.

Dit blyk egter ook dat die salarisse van mediese fondse se bestuurders hemelhoog is en ook ver bo die inflasiekoers styg.