Marne de Jager maak geskiedenis:

Marne de Jager, ‘n graad 11 leerling van CVO Gromar privaatskool, het geskiedenis gemaak deurdat sy die eerste leerling van CVO Gromar is wat verkies word om vir die Bokkie netbalspan gekies te word . Hulle gaan vroeg  in Desember toer in Engeland waar hulle aan verskeie wedstryde gaan deelneem.

Die afgelope vakansie het die Bokkie se somerspele plaasgevind te Pretoria. Daar is netbal en sewesrugby gespeel by Hoërskool Die Wilgers. Krieket is op verskeie velde in Pretoria Noord gespeel. Woensdagaand en Donderdag het dit heerlik gereën in Pretoria. Die krieket het slegs enkele wedstryde gespeel. Die netbal en sewesrugby het voort gegaan ongeag die lekker reën.

Die 0/16 sewesspan van BCVO span het vir groot verrassings gesorg. Hulle het groot spanne die loef af gesteek. Hulle verloor in die semifinale en eindig dan vierde. Dit is nog die beste wat enige BCVO span nog kon eindig.

Ruan du Plessis van CVO Gromar word verkies vir die Bokkie B span en WJ Nel van CVO Orania  word vir die Bokkie A span gekies.