Kommuniste soek Zuma agter tralies

Die verhouding tussen die SA Kommuniste Party (SAKP) en die ANC gaan waarskynlik verder verswak nadat die kommuniste se hoofsekretaris, Blade Nzimande, geëis het dat almal wat betrek word by die Gupta e-posse in hegtenis geneem moet word.

Sou dit gebeur, sal Zuma, ‘n groot deel van sy kabinet en ‘n swetterjoel amptenare van die ANC-administrasie agter tralies gaan beland.

Waarnemers reken dat dit ‘n krisis vir Korrektiewe Dienste kan word aangesien tronk reeds oorvol is, en dat hulle nie so ‘n groot groep op een slag sal kan hanteer nie.

Aangesien Nzimande al voorheen redelik uitgesproke is teen Zuma, kan sy laaste opmerking net daartoe lei dat Zuma binnekort sy kabinet kan herskommel om Nzimande uit te knikker, en in die proses sommer sy eksvrou, Nkosazana Dlamini-Zuma, te bevorder tot ‘n kabinetspos.

Foto: Blade Nzimande