Koerde swig oor onafhanklikheid

Die Koerdiese streeksregering het aangebied om die referendum uitslag nietig te verklaar in ’n poging om die spanning met die regering van Irak te verlig.

Die Koerde het daarmee ook gevra vir ’n onmiddellike vuurstaking en terugtrekking van militêre magte met die oog op dialoog tussen die twee partye.

Die Koerdiese leiers het later gesê hulle sal die uitkoms van die referendum oor onafhanklikheid vries tot dialoog met die sentrale regering van Bagdad gevoer is.

In die Koerdiese verklaring word ’n ernstige beroep op die Irakse regering gedoen om dialoog te voer, en gesê die gevegte sal nie oplossings bring en ook nie ’n wenner bring nie, en daarom is dialoog die enigste oplossing vir die krisis.

Die Koerdiese leier, Masoud Barzani, het verlede maand ’n referendum in die Koerdiese streek gehou waartydens 93% van die kiesers ten gunste van die streek se onafhanklikheid gestem het.

Kort daarna het die Irakse weermag op die gebied toegesak en die streek se hoofstad, Kirkuk, ingeneem om die bestuur te hanteer, terwyl ‘n Russiese maatskappy die ryk olievelde oorgeneem het as voorsorgmaatreël, wat die Koerde verplig het om bes te gee.