Koekies vir Kersfees

Die tyd vir kleinkoekies bak vir Kersfees kom nader. Hier is solank ‘n maklike grondboontjiebotter koekie resep. Die resep lewer omtrent 16 koekies, verdubbel gerus die resep want hierdie koekies liplekker.

Bestanddele:

100 gr botter, gesmelt

80 gr gladde grondboontjiebotter

250 ml sagte bruinsuiker

5 ml vanieljegeursel

2 eiers

445 ml koekmeel

3 ml koeksoda

200 gr gemengde sjokolade- en karamelsplinters

100 gr sout grondboontjies, gekap

 

Metode:

Verhit die oond tot 180 grade C.

Klits die botter, grondboontjiebotter, suiker en vanielje saam tot lig en romerig. Klits nou die eiers een vir een by en klits goed.

Sif die meel en koeksoda saam en meng dit en die sjokoladesplinters en gekapte grondboontjies by die bottermengsel in en maak aan tot ‘n hanteerbare deeg.

Skep eetlepels vol deeg op ‘n besmeerde bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en druk effens plat.

Bak vir 12 tot 15 minute tot goudbruin en gaar en laat vir 5 minute afkoel op die bakplaat voordat u die op ‘n afkoelrakkie pak.

Bêre in lugdigte houer en geniet later saam met tee of koffie.