Kataloniërs stem JA

Die Kataloniërs in die noorde van Spanje, het met ’n oorweldigende meerderheid ten gunste van onafhanklikheid gestem te midde van die Spaanse polisie se pogings om die referendum te stop.

Van die meer as 2,2 miljoen kiesers wat gestem het, het 2,1 miljoen ten gunste van onafhanklikheid “ja” gestem, terwyl slegs sowat 177 000 daarteen gestem het.

Die Spaanse polisie se ongevoelige optrede het daartoe gelei dat 844 mense ernstig beseer is en wêreldwyd veroordeel is vir hulle hardhandige optrede.

Die kiesers het geen aggressie getoon nie, en het kalm by stembusse opgedaag waar hulle deur polisie voorgekeer is om te gaan stem, maar uiteindelik het miljoene kiesers gestem.

Die polisie het talle stembusse probeer verwyder nadat die kiesers gestem het, maar moes dit staak nadat die polisie van Katalonië tussenbeide getree het en ’n ombudsman die Spaanse polisie beveel het om die kiesers met rus te laat.

Die leiers van die Kataloniese nasionaliste, Carles Puigdemont, het na afloop van die referendum in ’n kort toespraak sy dank uitgespreek teenoor kiesers wat hulle kalm en voorbeeldig gedra het, en gaan stem het te midde van die polisie wat probeer hê om alles te ontwrig deur kiesers met rubberkoeëls te skiet. Hy sê die uitslag bied die geleentheid vir ‘n onafhanklikheidsverklaring.