Kataloniërs onttrek hul geld uit banke

Die Spaanse regering het aangekondig dat Katalonië in Januarie 2018 weer na die stembus moet gaan, maar hierdie keer om ’n nuwe streeksregering te kies.

Dit volg nadat die separatiste in Katalonië deur die Spaanse veroordeel is vir hulle stemming om onafhanklikheid, en wil die ernstige krisis afweer deur ’n verkiesing uit te skryf in die vertroue dat ’n nuwe regering vir die streek gekies word wat steeds lojaal sal wees teenoor Madrid.

In antwoord daarop het die separatiste ’n oproep gedoen dat kiesers hulle geld moet onttrek uit die banke wat gedreig het om hulle hoofkantoor te verskuif na ander stede buite Katalonië.

Duisende kiesers het sedert Vrydag na kitsbanke en toonbanke gestroom en begin om hulle geld te onttrek, en waarnemers meen dit sal die betrokke banke nou verplig om maar elders sake te doen aangesien hulle nou miljoene euro se kontant kwyt is en duisende rekenings gesluit word.