Japan beplan vrye handelsakkoord

Kort nadat die Japanse premier, Shinzo Abe, met ’n groter meerderheid verkies is as eerste minister van sy land, het die berigte bekend geword dat hy en die Amerikaanse president ’n nuwe vrye handelsakkoord beplan.

Japan het klaarblyklik die plan opgestel om Amerika, Indië en Australië saam te snoer in ’n nuwe vrye handelsakkoord wat ook ’n militêre verdedigingsplan insluit.

Die akkoord is bedoel om ’n effektiewe bolwerk te vorm teen die Sjinese aggressie op handel sowel as militêre terrein teen te staan.

Eerste minister Shinzo Abe beplan om die nuwe akkoord van die grond te kry met die eersdaagse besoek van  president Donald Trump van Amerika.

Die militêre samewerking wat met die akkoord bereik word, sal ’n sterk invloed uitoefen om ’n ewewig van balans in die Sjinese Suidsee gebied te verseker.

Foto – Donald Trump en Shinzo Abe