Irak se weermag wil toeslaan op Koerde

Duisende troepe van die Irakse weermag en Koerdiese soldate gluur vir mekaar in die olieryke Koerdiese provinsie, Kirkoek, nadat die keerdatum verstryk het vir die Koerde om hulle onafhanklikheidsverklaring te herroep.

Bagdad het die uitkoms van die Koerdiese referendum oor onafhanklikheid verwerp en gesê dit is ongrondwetlik en onwettig, waarna ’n keerdatum gestel is vir die Koerdiese leiers om die verklaarde onafhanklikheid te herroep.

Die Koerde, wat in die noordelike, olieryke deel van Irak gesetel is, het die streek onafhanklik verklaar nadat ’n referendum gehou is waarin meer as 90% van die Koerdiese kiesers ten gunste van afskeiding gestem het.

Die regering van Bagdad het die Koerde ’n ultimatum gestel om binne 24 uur sy weermag soldate terug te trek uit die olieryke Kirkoek en moet die Koerdiese president en die Irakse president mekaar ontmoet.

Irak het vroeër geëis dat die Koerde terugkeer na die vorige status, maar die Koerde het verklaar dat hulle weier om terug te gaan na ’n tyd van onderdanigheid aan enige ander owerheid as hulle eie.

Die Iranse weermag woordvoerder het gesê die leërmag se saamtrek om die gebied te herower bly op gereedheid en wag instruksies af van die weermaghoofde.

Nie baie vêr daarvandaan wag Koerdiese vegters wat gereed is vir enige militêre aksie van die Irakse soldate.