Hoender op die spyskaart

 

Hier volg ‘n heerlike vullende hoendergereg.

Hoender / ham met spinasie en pastagereg

Bestanddele:

2 koppies gaar pasta (gekook volgend aanwysings op pakkie)

2 koppies gevlokte gaar hoender

2 eetl botter

Halwe koppie gekapte uit

1 tl knoffel

2 koppies bevrore spinasie

2 eetl meel

375 ml melk

knypie swartpeper

5 ml sout

125 ml suurroom

2 kop gaar ham in blokkies gesny

375 ml gerasperde kaas

1 kop broodkrummels of fyngedrukte slaticrax koekies

 

Metode:

Braai die ui in botter en voeg knoffel en spinasie by en kook sowat 5 minute.

Verwyder die spinasie en uie uit die pan en hou eenkant.

Smelt die botter en voeg die meel by en roer tot glad (soos vir witsous).

Voeg melk, swartpeper, sout en suurroom by en roer tot glad.

Verwyder van hitte en roer dan die res van die bestanddele by, behalwe die broodkrummels.

Giet in ‘n gesmeerde oondbak en sprinkel die krummels oor.

Bak in voorverhitte oond by 180 grade C vir 30 tot 35 minute tot mooi bruin en krakerig bo.

Hierdie resep is genoeg vir omtrent 8 persone.