Gromar tennisspelers vaar goed by SA tenniskampioenskappe

Onlangs het die BCVO se landswye tenniskampioenskappe plaasgevind te Pretoria.  Die spanning het hoog geloop tydens die uitdunne, maar Gromar se leerlinge wat deel van die Oos-Transvaal tennisspan was, het baie goed gevaar.

Gromar se tennisspelers het die volgende plekke behaal:

Michiel Genis (S0/10) het ‘n 3de plek behaal.

Miamien van der Ryst (D 0/12) het 2de geëindig en sy en haar spanmaat het ook hul dubbels gewen.  Wian Smit (S 0/12) het ‘n 1ste plek verower en het 2de geëindig saam met sy dubbelsmaat.    Barend Botha (S 0/12) het ‘n 3de plek behaal in die dubbels.

In die S 0/14 afdeling het Derik van der Ryst 2de geëindig en behaal ‘n 3de plek in die dubbels saam met sy dubbelsmaat Dawid Pretorius.

Jandré Terblanche (0/16) behaal ‘n 1ste plek en wen ook sy dubbelspel saam met sy spanmaat  Lean Vosloo (0/16).  Ebert van der Ryst het ‘n 2de plek behaal in die 0/16 afdeling en eindig 3de saam met sy dubbelsmaat Johan Bester.

Lidia Pretorius en Limari Genis behaal ‘n 3de plek as dubbelsmaats in die 0/19 afdeling.

Christiaan van der Walt (0/19) behaal ‘n algehele 1ste plek en eindig 2de op in die dubbels saam met sy spanmaat WT Scholtz.  Stephan Davel behaal ‘n algehele 3de plek en hy en sy dubbelsmaat Ryan Bothma eindig 3de met die dubbels.

Foto: Christiaan van der Walt