Europa vrees onafhanklikheid eise

Die Spaanse premier was nie by die uithang dinee wat in Tallinn, Estland, gehou is vir regeringsleiers van Europese lande nie.

Premier Mariano Rajoy het sy hande vol met die Kataloniërs wat ’n referendum gehou het op 1 Oktober en besluit het om onafhanklik te word van Spanje.

Die referendum word allerweë beskou as ’n politieke tydbom wat wag om te ontplof, en verg die voltydse aandag van die minderheidsregering van Premier Rajoy.

Europese regeringsleiers skram weg om oor die aangeleentheid spraaksaam te raak, en durf nie waag om ’n woord van begrip of steun aan Katalonië te bied nie aangesien dit ’n doolhof van nuwe soortgelyke onafhanklikheidseise teweeg sal bring.

Europese leiers vrees die moontlikheid dat Katalonië onafhanklik kan word, en steun dus die optrede van die Spaanse regering, omdat die moontlikheid van Skotland se eis om onafhanklikheid ook in die pyplyn is.

In die noorde van Italië is dieselfde moontlikheid aan die broei, en buite Europa is talle volke wat streef na onafhanklikheid, waarvan die Koerde in Irak die jongste geval is wat reeds ’n referendum gehou het waartydens 93% ten gunste van onafhanklikheid gestem het.

Intussen het die Europese Kommissie ook verklaar dat hulle nie die hand in die Spaanse stryd sit nie, want dit kan lei tot tientalle soortgelyke eise om vryheid.

Foto – Premier Mariano Rajoy