Eiertekort verwag

Die jongste vlaag voëlgriep, het daartoe gelei dat soveel lêhenne van kant gemaak moes word, dat ‘n tekort aan eiers voorsien word, wat die prys vir verbruikers die hoogte kan laat inskiet.

Die provinsie wat die ergste getref is, is die Wes-Kaap, waar die meeste henne van kant gemaak is. Dié streek produseer sowat 30% van die land se eiers.

Die voëlgriep sal waarskynlik ook ‘n invloed hê op slaghoenders, wat kan beteken dat die tradisioneel goedkoper hoendervleis, ook die hoogte kan inskiet.

Dit kan boonop daartoe lei dat invoere van swak kwaliteit hoenders vanuit veral Suid-Amerika verhoog kan word.