Diplomasie tot eerste bom val

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Rex Tillerson, het in ’n verklaring aan die media gesê die VSA volg die roete van diplomasie met Noord Korea tot die eerste bom val.

Die uitlating van Tillerson kom nadat president Donald Trump gesê het hy glo Tillerson moet die diplomasie gebruik solank as wat die moontlikheid bestaan dat dit kan lei tot ’n bevredigende oplossing.

Die leiers van Amerika en Noord-Korea het in die afgelope weke ernstige dreigwoorde geuiter teenoor mekaar wat wêreldleiers laat regop sit het.

Om die vrede te bewaar, het Rusland aangebied om as bemiddelaar op te tree, en Sjina het gemaan tot kalmte ter wille van vrede.

Foto – Minister Rex Tillerson