Die strewe na soewereiniteit (deel een)

In die volgende paar aflewerings wil Die Vryburger sy lesers bewus maak van die baie volke in Europa wat smag na soewereiniteit, maar weens baie uiteenlopende redes onderdruk word.

 

Kroasië

In Kroasië word die klein volk van Istrië aangetref maar wat byna onbekend geword het, een van die mees tragiese gevalle.

Hulle maak slegs 5% van die bevolking uit, en met die jongste telling op slegs 208 000 siele, kan hul stryd al moeiliker word.

Die Istrië Demokratiese Party streef na groter streeksoutonomie in die Istrië streek van die land wat strek oor ’n gebied in Kroasië en Slowenië.

Die stryd word bemoeilik omdat die ontbondeling van die eertydse Joego-Slawië meegebring het dat Istrië se finale grense nie afgebaken is nie.

 

Tsjeggiese Republiek

In die Republiek woon sowat 3 miljoen mense van die Morawiese volk en maak 30% van die totale bevolking uit.

Morawië was vroeër deel van die Tsjeggiese gebied wat sedert 1949 as ’n volk met eie identiteit beskou is wat in die streek woonagtig is.

’n Klein deel van die volk, en lede van die nie-parlementêre politieke party maak namens die volk aanspraak op selfbeskikking en onafhanklikheid.

 

Pole

In die suidwestelike deel van Pole woon sowat 3 miljoen ​mense wat die streek Silesië is, en waarvan die bevolking ongeveer 8% van die totale bevolking uitmaak.

Die streek strek oor die grens na Duitsland en ook in die Tsjeggiese Republiek.

Sowat 1 miljoen van die Silesiese volk eis nou hul soewereiniteit  deur middel van die Silesiese Outonomie Beweging onder leiding van Jerzy Gorzelik wat in 2010 byna 9% van die stemme op hom verenig het in ’n streekverkiesing.

 

Roemenië

Die Székely Land is ’n streek in Roemenië waar 500 000 mense woon en steeds stry om as ’n Hongaarse volk erken te word en groter ekonomiese regte opeis.

Gedurende die land se sensus opname in 2011 het meer as een miljoen inwoners hulle identiteit gegee as Hongaars waarvan die helfte in die Székely land woonagtig is.

Hulle is die grootste minderheidsgroep in die land sedert Hongarye sowat 60% van sy grondgebied moes afstaan aan buurlande na afloop van die Eerste Wêreldoorlog.

Foto – Majuba, Simbool van vryheid