DA plaas De Lille & Smith op “spesiale partyverlof”

Die DA het hulle Kaapstadse burgemeester, Patricia de Lille, en JP Smith, burgemeesterskomiteelid van veiligheid, op spesiale verlof geplaas van partybedrywighede.

Dit beteken dat hulle van alle party aktiwiteite “onthef” is na ‘n “onderonsie” tussen De Lille en Smith.

De Lille het Smith, wat vroeër namens Vryheidsfront Plus in die raad gesit het voordat hy oorgeloop het na die DA, aangevat oor hy haar naam deur die modder sou sleep.

De Lille het Vrydag opdrag gegee dat die stad se spesiale ondersoek eenheid (SOE)  gesluit moet word wat gelei het tot bewerings dat sommige raadslede betrokke kan wees by ‘n moord, en dat bouwerk wat by haar huis gedoen was nie wettig is nie.  Die opknap van haar huis is beskryf as Kaapstad se eie Nkandla.

Mmusi Maimane, die leier van die DA, het na ‘n gesprek met beide besluit op hul verlof tot ‘n ondersoek gedoen kan word oor die twee se uitval.

Foto: JP Smith en Patricia de Lille