Cheeky Watson kry sy dag

Die uitgesproke oudpresident van OP Rugby sal in Junie 2018 weer in die hof verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery.

Cheeky Watson en vier ander, Nadia Gerwel, Steven Pistorius, Andrea Vessels en Mandisi Mkaza is reeds in Maart 2017 gearresteer en staar klagtes van bedrog en geldwassery ter waarde van R208 miljoen in die gesig.

Die gelde is na bewering vanuit die Nelson Mandela Munisipaliteit se vervoerstelsel se fondse gesteel.