Buthelezi tree uit politiek

Die leier van die IVP, Mangosuthu Buthelezi, het sy uittrede aangekondig.

Hy sal tydens die volgende nasionale konferensie van die IFP uittree.

Hy sal opgevolg word deur Velenkosini Hlabisa wat die huidige Natalse provinsiale sekretaris is.

Buthelezi was sowat 60 jaar in die politiek betrokke. Hy was aanvanklik ‘n groot ANC-ondersteuner maar het later die IVP gestig. Tydens sy politieke loopbaan het hy bekendheid verwerf vir sy lang toesprake.