Australiese parlement in krisis gedompel

Die Australiese hooggeregshof het bevind dat die adjunkpremier van die koalisieregering onwettig in sy amp is weens dubbele burgerskap.

Barnaby Joyce, wat die amp van adjunkpremier beklee, het dubbele burgerskap gehad toe hy verkies is as lid van die parlement.

Die gevolg daarvan is dat die koalisieregering dus hulle meerderheid van een setel in die parlement verbeur omdat Joyce nie mag dien as parlementslid nie.

Malcolm Turnbull se Liberale Nasionale koalisie wat ’n meerderheid van slegs een setel het in die Laer Huis, word daarmee in ’n ernstige krisis gedompel.

Joyce is nie die eerste parlementslid wat sy pos verloor in Australië weens burgerskap nie, en die eerste minister word nou geforseer om hom te wend na een van die drie onafhanklike parlementslede om ’n meerderheid in die Laer Huis te behou.

Die hof het ook beveel dat ’n tussenverkiesing gehou moet word in die gebied wat deur die adjunk beklee was.

Dieselfde hof het egter ook bevind dat ses van die land se senatore gediskwalifiseer word, en dat ’n verdere twee ander gelukkig genoeg is om hulle sitplekke te behou.

Foto –  Adjunkpremier Joyce