232 Kontant rooftogte sedert Januarie

Die SA Bank Risiko Informasie Sentrum (Sabric) het aangekondig dat hulle nou saamwerk met die polisie om die toename in kontantrooftogte hok te slaan.

Meer as 230 rooftogte het sedert Januarie 2017 reeds plaasgevind  en dit is ‘n 49% toename sedert verlede jaar.

Misdaadsindikate is klaarblyklik verantwoordelik vir die aanvalle.  Dit blyk dat beide SAPD en die Valke nie in staat is om die tipe misdaad hok te slaan nie.