Zuma “weet niks”

‘n President wat kwansuis niks weet, hoort nie die hoof van ‘n land te wees nie. Hy het geen geloofwaardigheid meer oor nie, dus moet hy nou alles ontken of deflekteer op ander.

Dit is die reaksie van politieke ontleders na die jongste vraesessie in die parlement, waar Zuma moes antwoorde gee op vrae van opposisielede.

Oor diplomatieke immuniteit vir Grace Mugabe, het Zuma gesê hy is nie ‘n prokureur nie, en weet dus nie hoe die proses werk nie. Hy ontken dat hy betrokke was by die toekenning van die immuniteit.

‘n Ander saal waarvan Zuma ook niks weet, is of sy kabinetslede betrokke is by die aanranding op vroue.  Intussen het hy ‘n adjunkminister in sy kabinet gehad wat erken het dat hy vroue aangerand het. Zuma het niks aan daardie minister gedoen nie, en uiteindelik het dié self bedank nadat die druk te groot geword het.

Die EFF is weer gevra om die parlement te verlaat nadat hulle Zuma telkens in die rede geval het.