Wilders kap na Moslems

Die leier van die Vryheidsparty (PVV) in Nederland, Geert Wilders, het gesê wanneer sy party aan bewind kom in Nederland, sal dit onaantreklik gemaak word vir Moslems om in die land te woon.

Hy het daarop gewys dat die peiling aangetoon het dat slegs 13% van die Nederlanders van mening is dat die integrasie goed is, wat ’n duidelike aanwysing is dat dit nie aanvaarbaar is nie.

Slegs 11% van die land se inwoners beskou die Islam as ’n geloof, en voeg by dat hy seker erg verkwalik sou word as hy dit drie jaar gelede gesê het, terwyl hy dit toe al gesien het.

Wilders se Vryheidsparty is die tweede grootste party in die land, en sou met gemak ’n kabinet kon saamstel as een van die kleiner partye bereid was tot koalisie, maar omdat hy nie afwyk van sy beginsels nie, wil geeneen van die partye met hom saamwerk nie.

Foto – Geert Wilders