Wêreld Nuusflitse – 4 September

VSA

President Trump en sy eggenote, Melanie, het ook ’n spesiale besoek gebring aan die rampgeteisterde Houston te midde van die linkse media se valse berigte dat hy nie die stad gaan besoek nie.

 

Oostenryk

In Oostenryk het navorsers ’n prototipe battery ontwikkel wat die totale bedryf “op sy kop gaan draai” omdat die revolusionêre metode veel meer doeltreffend is as bestaande batterye.  Die ontwikkelaars sê enige soort battery kan met die nuwe metode verbeter word, van ’n klein battery vir horlosies tot die wat in elektries aangedrewe voertuie gebruik word.

 

Kenia

Die hooggeregshof van Kenia het die pas afgelope algemene verkiesing as ongeldig verklaar weens talle onreëlmatighede, en beveel dat ’n tweede verkiesing binne 60 dae gehou moet word. Die opposisie juig oor die uitslag van die hof, maar die land se president verskil met die hofbeslissing alhoewel hy die bevel sal gehoorsaam.

 

Duitsland

In die jongste meningspeiling is bepaal dat kanselier Angela Merkel verseker die algemene verkiesing sal wen, alhoewel dit waarskynlik met ’n kleiner meerderheid sal wees wat haar vir die vierde termyn aan bewind sal stel.

 

Mjanmar

Sowat 35 000 Moslem vlugtelinge uit die geweldgeteisterde Mjanmar is die gevolg nadat meer as 400 mense die afgelope week omgekom het in skermutselings.