Wêreld Nuusflitse – 28 September

Spanje

In Spanje se noordelike deelstaat Katalonië is die spanning aan die oplaai nadat polisie in opdrag van die Spaanse regering beslag gelê het op derduisende stembriewe vir die beoogde referendum en stemlokale word gesluit en bewaak sodat die 1 Oktober referendum nie gehou kan word nie.

 

Saoedi-Arabië

Die regering van Saoedi-Arabië het besluit dat vroue in die land vir die eerste keer toegelaat word om ’n voertuig te bestuur nadat hulle ’n lisensie verkry het.

 

Europa

Siemens in Duitsland het besluit om kragte saam te snoer met sy Franse konkurrent, Alstom, om die mees effektiewe treine te bou vir die wêreldmarkte.

 

Kuba

Die verhouding tussen Amerika en Kuba het verder verswak na die Amerikaanse diplomate vermoedelik met hoë frekwensie seine bestraal is wat doofheid veroorsaak het en teruggeroep moes word om mediese behandeling te ontvang.