Wêreld Nuusflitse – 22 September

Orkaan Maria

Die verwoesting wat Orkaan Maria veroorsaak, het uiteindelik begin afneem maar het Puerto Rico se infrastruktuur en geboue in chaos gelaat terwyl minstens 9 mense omgekom het en talle beseer is.

 

Venezuela

Die president van Venezuela, Nicolas Maduro, sê die Amerikaanse president wil hom laat vermoor en die wêreld moet daarvan kennis neem.

 

Noord-Korea

Die Amerikaanse president se waarskuwing aan Noord-Korea dat die land sy aggressie moet staak, “anders sal die VSA hom totaal vernietig”,  word deur die kommunistiese Minister van Buitelandse Sake afgemaak as soortgelyk aan  “die geluid van ’n blaffende  hond”.