Wêreld Nuusflitse – 18 September

 

Brittanje

Die terroriste aanval met ’n ontploffing wat 23 mense beseer het terwyl hulle per trein gereis het, het die owerheid genoop om meer polisie sigbaar te maak by openbare vervoer stelsels en spoorwegstasies.

 

Brittanje

Die Ryanair lugredery het aangekondig dat hy eersdaags tot 50 vlugte per dag gaan kanselleer oor ’n tydperk van ses weke sodat personeel hulle opgelope verlof kan neem.

 

Vlaandere

Die stryd teen die dwelmmafia in Antwerpen is so hewig dat dit volgens waarnemers “meer skadelik is as die dwelmmiddels” wat versprei word.

 

Nederland

Nederlanders het 133 miljoen euro geskenk om hulp te verleen aan die slagoffers van die orkaan Irma wat verwoesting gesaai het in die Karibiese Eilande.

 

Taiwan

Die polisie van Taiwan het sowat 20 mense in hegtenis geneem wat vermoedelik homoseksueel is, ’n gedragspatroon wat verbode is in die land.