Wêreld Nuusflitse – 12 September

Italië

Swaar reën gepaard met sterk winde en oorstromings in Italië het die dood van minstens ses mense veroorsaak en in sekere stede is ’n noodtoestand afgekondig wat klaarblyklik gehelp het om talle lewens te red.

 

Meksiko

Terwyl die dodetal steeds styg in Meksiko na die hewige aardbewing verlede week, het die land reeds meer as 800 naskokke gehad, wat inwoners telkens met paniek en vrees uit hul woonplekke laat vlug.

 

Florida

Meer as 17 000 tegnici het na die Amerikaanse staat Florida gegaan om die kragvoorsiening te herstel waar meer as drie miljoen huishoudings sonder elektrisiteit is weens die verwoestende werk van orkaan Irma.

 

VSA

Hillary Clinton het bevestig dat sy nie weer as kandidaat in die politiek beskikbaar is na die vernederende nederlaag teen president Donald Trump in verlede jaar se presidentsverkiesing nie.