Wêreld Nuusflitse – 1 September

Texas

Die orkaan Harvey het bedaar, maar skuif oor na Louisiana om ’n tweede keer chaos te veroorsaak, en intussen styg die dodetal en is 25 gevalle reeds aangemeld. Intussen was verskeie olieraffinaderye verplig om te sluit weens die geweldige watermassas wat belemmerend inwerk.

 

Rusland

Russiese ingenieurs het reeds die moeilikste deel voltooi van ’n 30 kilometer brug wat Rusland met die Krim skiereiland sal verbind, en sal na verwagting in 2018 in gebruik geneem kan word.

 

Brittanje

Premier Theresa May het die media se monde gesnoer oor bespiegelings dat sy gaan bedank, en gesê sy is nie iemand wat oorgee wanneer die druk hewig is nie en sal steeds in die volgende verkiesing haar plek vol staan.

 

Brasilië

Die hoogste hof in Brasilië het beveel dat geen hout gekap mag word in die land se reënwoud nie, wat meebring dat mynregte wat moontlik toegeken is vir gebiede in die reënwoud, ongeldig is.