Waarheen met Bitcoin?

Die Europese Sentrale Bank het die afgelope naweek aangekondig dat hy nie op hierdie stadium oorweging gee aan die moontlikheid om die digitale betaalmiddel te aanvaar nie.

Bitcoin word tans deur menige finansiële instellings beskou as ’n direkte bedreiging vir die euro en ander betaalmiddele.

Die bank is van mening dat die Bitcoin nie ’n wettige betaalmiddel is nie, maar eerder ’n spekulatiewe voorwerp of verskynsel is.

Die digitale Bitcoin het twee weke gelede ’n dramatiese styging in waarde getoon, en het op ’n stadium teen meer as R60 000 (RSA geld) verhandel, maar het kort daarna teruggesak na sowat R50 000.

In die VSA het die Bitcoin gefluktueer tussen $750 en $5 000, wat toon dat die eenheid nog nie sy vastigheid kon bewys nie.

Intussen is mense en organisasies wêreldwyd besig om betrokke te raak om Bitcoin te bekom, hetsy deur rekenaar programme of deur aankope daarvan te doen.