Vuwani in noodtoestand

Die Vuwani gebied in Verre Noord Transvaal is gespanne en polisie is op ‘n gereedheidsgrondslag sou die inwoners weer die strate invaar en begin brand en afbreek.

Volgens die minister van staatsekuriteit was hulle bewus dat chaos gaan plaasvind in die gebied en dit meer as ‘n jaar voor die tyd.

Die vraag is dus hoekom is daar nie voortydig opgetree en maatreëls in plek gestel is  wat die verwoesting van meer as 30 skole tot gevolg gehad het nie.