VSA beveel Russiese konsulaat om te sluit

Die Amerikaanse regeringsdepartement van Buitelandse Sake het Rusland amptelik versoek om sy twee geboue in Washington en New York te ontruim.

Benewens die twee geboue is die Russe ook aangesê om die konsulaat in San Francisco te sluit.

Die Departement sê in ’n brief aan Moskou dat die onnodige optrede wel gedoen word na aanleiding van Rusland se optrede vroeër in Augustus toe Amerikaanse diplomate versoek is om terug te keer na Amerika.

Die werksaamhede van die konsulaat moet op 2 September beëindig word, wat die Russiese minister van buitelandse sake laat reageer het met die opmerking dat so ’n daad “bejammer word en toon hoe die verhouding tussen die twee moondhede verder versleg en die spanning verhoog het”.

Minister Sergey Lavrov het volgens die Russiese media, telefonies sy mening aan minister Rex Tillerson oorgedra en gesê Moskou sal die jongste optrede van die VSA versigtig ontleed om later volledig daarop te reageer.

Foto – Russiese konsulaat