Venezuela se politici ontmoet mekaar

Die omstrede president Maduro van Venezuela het uiteindelik toegegee en in gesprek gegaan met die magtige opposisieparty van die land se mees senior leiers.

Na die eerste twee rondtes van gesprek, het die president ingestem tot ’n derde rondte en dit lei tot die hoop dat konkrete ooreenkomste bereik sal word.

Twee dae van ononderbroke gesprekke tussen die opposisie en die regering van president Nicolas Maduro word as produktief bestempel deur beide kampe.

Die voormalige Spaanse eerste minister, Jose Luis Zapatero, het as bemiddelaar die twee party beweeg tot gesprekke in die Karibiese hoofstad met die doel om die ekonomiese en politieke krisis van die land op te los deur samewerking.

Die land wat die wêreld se rykste olieprodusent is, verkeer in ’n haglike toestand sedert die olieprys gedaal het tot ’n laagtepunt.

Venezuela het vir dekades sy ekonomie gebou rondom die produksie van olie, en het belangrike bedrywe soos nywerhede, landbou en handel verwaarloos.

“Gister se eerste gesprek was goed, en vandag se gesprek was nog beter, en daarom is daar veel hoop op ’n derde gesprek”, het een van die afgevaardigdes gesê.

Foto – Lede van die afvaardiging