Twee verdagtes in staatsvoertuig gearresteer

Twee verdagtes is suid van Johannesburg gearresteer in ‘n Gauteng staatsvoertuig met mortier bomme in die bagasiebak.

Die mortiere word gereeld gebruik om OTM punte oop te blaas.

Dit is sover nie bekend of die verdagtes staatsamptenare is nie, en die herkoms van die mortiere is ook nog nie bekend nie, alhoewel dit vermoed word dat dit uit die weermag kom.

Foto: Staatsvoertuig ter illustrasie