Twee nasionalistiese leiers ontmoet

Die nasionalistiese leiers van Pole en Hongarye het die afgelope naweek ontmoet en gedagtes gewissel sonder om amptelike verklarings uit te reik.

Die Hongaarse eerste minister, Victor Orban, het Pole besoek en vertroulike samesprekings gevoer met sy Poolse eweknie, eerste minister Beata Szydlo.

Beata Szydlo is net so gekant teen die Europese Unie se immigrante kwotas as premier Orban, en die vermoede bestaan dat die twee lande moontlik oor die kwessie samesprekings voer nadat die EU Hongarye gedwing het om hul beleid toe te pas.

Die twee leiers het reeds verskeie kere samesprekings gehou in die afgelope maande, en beraadslaag blykbaar oor moontlike gekoördineerde toekomstige optrede as teenvoeter vir EU regulasies rakende die immigrante krisis.

In ’n kort verklaring aan die media wat deur premier Beata Szydlo se kantoor uitgereik is, word slegs verwys na die samesprekings wat gevoer is oor die druk wat deur die Europese Kommissie op beide lande toegepas word.

Beide leiers se verskil met Brussel handel oor die EU se beleid met die verspreiding van onwettige immigrante na lidlande.

Die twee lande het ’n hofgeding verloor teen die EU en was daarna verplig om die EU se kwota indeling van immigrante te aanvaar.