Trump vra miljarde vir Texas hulp

Die Amerikaanse Wit Huis het 7,8 miljard dollar gevra by die Amerikaanse Kongres vir dringende noodhulp aan die slagoffers in die orkaan geteisterde Texas.

Die tropiese storm Harvey, wat dae lank met stormwinde en deurdringende reën die deelstaat beproef het, het onberekenbare skade veroorsaak en duisende mense gestroop van hulle besittings.

In die deelstaat Texas asook in dele van Louisiana het paaie en strate in riviere verander en minstens 25 mense het omgekom terwyl baie huise in vlamme opgegaan het weens kortsluitings wat deur die storm veroorsaak is.

Hulporganisasies sal die regering bystaan om noodhulp toe te pas, en die president het self ook bygedra tot die hulpfonds deur $1 miljoen te skenk.

Stormskade kon nog nie bepaal word nie, maar kenners meen dit is die ergste ramp wat Amerika nog getref het die afgelope vyf dekades.