Trump verloor Obamacare stryd

Deur te organiseer teen die nuwe gesondheidswette wat beoog om van Obamacare ontslae te raak, het die Republikeinse senator, John McCain, daarin geslaag om die voorgestelde wette afgekeur te kry.

Dit is nou die derde keer dat die wet onder bespreking gekom het, en sal waarskynlik nie gou weer op die tafel kom om oorweeg te word nie, wat beteken president Trump se pogings om ontslae te raak van Obamacare, soos wat hy vroeër aan kiesers belowe het, was ’n mislukking.

John McCain het ’n aantal Republikeinse senatore oortuig om teen die voorgestelde gesondheidswet te stem, en sal Obamacare dus nie vervang kan word nie.

Die stemming is nog nie gehou nie, maar senatore het reeds koppe getel en gesê dit lyk asof McCain se oorreding effektief meebring dat die Republikeine nie die vereiste 50 stemme in die senaat sal haal nie, ten spyte daarvan dat hulle 52 lede in die senaat het.

Minstens drie Republikeine het in die openbaar aangekondig dat hulle nie ten gunste van die nuwe voorstelle is nie.

Foto – John McCain