Trump skenk miljoen dollar aan Texas

Die Amerikaans president, Donald Trump, het tydens sy besoek aan Texas waar duisende mense groot verliese gely het met die orkaan Harvey, aangekondig dat Amerika bystand sal verleen aan inwoners, en dat hy uit sy eie fondse $1 miljoen wil bydra.

Die inligting is later deur die Wit Huis bevestig nadat die president besoek gebring het aan Houston, waar duisende woonhuise en sakeondernemings beskadig is met die meer as 3 meter reën wat binne enkele dae neergestort het in die gebied.

Linkse koerante in Amerika het probeer om president Trump se optrede in Texas te kritiseer, maar die kiesers het die teendeel getoon deur hom toe te juig te midde van die omstandighede waarin hulle verkeer.

’n Woordvoerder het later gesê president Trump is die enigste Amerikaanse president wat self ’n finansiële bydrae maak tot die rampfonds waarmee slagoffers gehelp word.

Foto – President Donald Trump