Trump praat nie met Noord-Korea

President Donald Trump en sy minister van verdediging, James Mattis, het ’n boodskap aan Noord-Korea gestuur waarin dit in geen onduidelike taal gestel is dat “praat met Noord-Korea is nie die antwoord nie”.

Die linkse media het moedswillig of uit onkunde begin wonder watter ander opsie Amerika het om die krisis met Noord-Korea te beëindig, maar kenners sê geen gesprek met die kommuniste in die skiereiland is van enige waarde nie.

President Trump het reeds verskeie kere gesê hy is nie ten gunste van gesprek met die kommuniste oor hulle ballistiese missiel projek nie.

Trump het daarop gewys dat Amerika reeds met Noord-Korea gepraat het, hulle ook geld aangebied het, maar dit alles was tevergeefse pogings.

Minister Mattis het gesê Amerika is nooit sonder enige alternatiewe en diplomatieke oplossings nie, maar het nie uitgebrei oor ander oplossings nie.

Intussen het Noord-Korea gesê hy het nog meer missiele wat gelanseer gaan word, en sal dit doen te midde van die verskerpte sanksies wat ingestel is.

Foto – President Donald Trump