Trump jnr. weier beskerming

Donald Trump jnr., die seun van die Amerikaanse president, wil nie langer van die Geheime Diens se beskerming gebruik maak nie.

Hy het te kenne gegee dat hy verkies om sonder beskerming sy privaatheid te geniet en wil nie langer met die 24 uur beskerming opgeskeep sit nie.

Dit is nie duidelik of die beskerming van sy eggenote, Venessa, en sy vyf kinders ook daarby inpas nie.

Die beskerming van die Amerikaanse president en visepresident is ingevolge wetgewing verpligtend maar kan deur ander lede van die familie geweier word.

Vroeër het die media syfers aangehaal oor die reuse bedrae wat betaal moet word om beskerming te verleen aan die groot Trump familie.

Foto – Donald Trump jnr.